Gedigte
klein tree
hier’s ‘n huisie in my kop
waarna ek jou nooi
versigtig trap klein tree gee
want daar lê letters op die trap
en onklaar sinne op die stoep
wat ek jou wil wys is die strofes
in die laai en die prente teen die muur
die voordeur is effens stram
maar staan op ‘n skrefie oop
die portaal klein en donker
jy sal jou oë ‘n kans moet gee
maar daar kon ek plek maak
vir al vier die seisoene
die somer hang heel links
daarmee was ek eerste klaar
die winter se verf is nog nat
en hang nader aan die ruit
die silwer-raam spieël was ‘n geskenk
en om te kan sien sal jy moet naby staan
wuif dan as jy my gewaar
ek sal knik en die oomblik in woorde skik
Verskyn in Ons Klyntji, jaargang 2023
in die sand
stadig trek ek my wysvinger
deur die uitgedroogte seesand
sien hoe die hardgebakte
kors eers kraak en dan breek
dit is suider afrika se san andreas
die visrivier canyon
fluister ek vir die blinde
kormorant wat neffens my
op die strand sit
dit is die kaplyn
net noord van eenhana
sê ek sonder om my mond
te beweeg vir die grafte
op die grens
dit is die witgekalkte kantlyn
wat ek so graag patrolleer
die doringdraad heining
wat ons almal uitmekaar hou
dis die rubicon met julius
se plakkie-voet daarin
dit is my lyn in die sand
wat jy nie sê nie
daar is fout
as jy nie sê nie
nie sê kyk die maan
as die volmaan wit sit nie
nie sê kyk die son
as die horison aan die brand slaan nie
nie sê gee my jou hand
as jy berg-af gly nie
uit die puin
‘n klawer morse kode
snaar s.o.s
hoor
note presies opgehang
uitgedeel aan die slaginstrumente
gegee vir die strykers
vir die stryders
bottelmusiek
regoor ‘n pikswart see
hoorbaar deur dun mure
hoorbaar deur die ondenkbare
‘n simfonie
fluister sag deur tralies
gaan waar stemme faal
troos teer teen tempo
bas en tenoor basuin
waardeur ook al
hoe ook al
nooit is jy alleen
aan soveel musikante
dankie vir die reën
vir oulaas
sodra die laaste dans
aangekondig word
sal ek na jou soek
sal ek dit met jou
wil dans op die dek
van 'n skip
sal ek jou liggies
teen my vasdruk terwyl
die wêreld vergaan
sag in jou oor fluister
maar weet dat daar nie tyd
sal wees om nog 'n kurk
te trek of om spyt te wees oor gister
nie terwyl die orkes die see
ingly en ons vir oulaas
van mekaar probeer loskom nie
in die sand
stadig trek ek my wysvinger
deur die uitgedroogte seesand
sien hoe die hardgebakte
kors eers kraak en dan breek
dit is suider afrika se san andreas
die visrivier canyon
fluister ek vir die blinde
kormorant wat neffens my
op die strand sit
dit is die kaplyn
net noord van eenhana
sê ek sonder om my mond
te beweeg vir die grafte
op die grens
dit is die witgekalkte kantlyn
wat ek so graag patrolleer
die doringdraad heining
wat ons almal uitmekaar hou
dis die rubicon met julius
se plakkie-voet daarin
dit is my lyn in die sand
wat jy nie sê nie
daar is fout
as jy nie sê nie
nie sê kyk die maan
as die volmaan wit sit nie
nie sê kyk die son
as die horison aan die brand slaan nie
nie sê gee my jou hand
as jy berg-af gly nie
uit die puin
‘n klawer morse kode
snaar s.o.s
hoor
note presies opgehang
uitgedeel aan die slaginstrumente
gegee vir die strykers
vir die stryders
bottelmusiek
regoor ‘n pikswart see
hoorbaar deur dun mure
hoorbaar deur die ondenkbare
‘n simfonie
fluister sag deur tralies
gaan waar stemme faal
troos teer teen tempo
bas en tenoor basuin
waardeur ook al
hoe ook al
nooit is jy alleen
aan soveel musikante
dankie vir die reën